Kultuurnaweek – Inligtingsbrief en Inskrywingsvorm

Ons nooi elke staatmaker, offisier, heemraadslid en Voortrekkervriend van Noordvaal Voortrekkers en jul gesinne uit om saam met ons by Udolpho te kom kuier vir ʼn onvergeetlike kultuurnaweek. Hierdie is ʼn lekker rustige geleentheid vir Voortrekkergesinne om te kom ontspan op die oewer van die Vaalrivier, gesellig te kuier onder die sterre om ʼn bosveldvuur en Voortrekkers van regoor Noordvaal beter te leer ken. Deur die loop van die naweek is daar ʼn verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan gesinne kan deelneem, onder meer tradisionele danse, tradisionele speletjie, Afrikaanse idiome, ensovoorts. Dan wag daar ʼn kultuurervaring, wat in elkeen se mond gaan ontplof propvol tradisionele geure: Elke ete is ʼn tradisionele Afrikanerdis. (Dit gaan nie aardige disse wees nie, maar jy gaan rol nadat jy smaaklik daaraan gesmul het en die laaste bietjie sous uit jou bord gekrap het.)

Daar word Vrydagaand vanaf 19:30 tot 21:30 ʼn verrykingsessie vir spanoffisiere aangebied. Gedurende hierdie sessie gaan ons bietjie kyk na die uitdagings wat ons in die gesig staar om Voortrekkers deur middel van ʼn gekombineerde benadering (fisies en digitaal) aan ons lede aan te bied. Spanoffisiere wat graag meer wil kom leer oor watter hulpmiddels beskikbaar is en hoe beplan mens so ʼn aanbieding, is meer as welkom om Vrydagaand by ons aan te sluit. Ons versoek net dat, indien jy hierdie sessie gaan bywoon, jy dit so op jou inskrywingsvorm sal aandui.

Sperdatum vir inskrywings is Maandag 1 Maart 2021. Die inskrywingsvorm is aan die onderkant van die bladsy.

Voortrekkers kan reeds vanaf Vrydag 5 Maart 2021 om 12:00 op Udolpho aanmeld. Die program maak op Sondag 7 Maart 2021 om 11:00 klaar.

Die kultuurnaweek word op Udolpho Rivierplaas van die FAK aangebied (klik hier vir die Google Kaart). Daar is verskeie verblyfopsies beskikbaar en besprekings van verblyf moet direk met die Udolpho Rivierplaas gemaak word, kontak Jane du Plessis by 056 818 1197 of by [email protected]. (Klik hier vir die pryslys – prys word per nag gegee.)

Voortrekkers moet asseblief hul eie vervoer reël na en van die kultuurnaweek.

Die koste beloop R400 per persoon (vervoer en verblyf uitgesluit).

Betalings kan gemaak word in die volgende rekening:

Die Voortrekkers
Bank: ABSA
Takkode: 632 005
Rekeningnommer: 9330864864
Verwysing: Noordvaal en jou van en naam
Bewys van betaling kan gestuur word aan [email protected].

Indien ʼn betaling vir meer as een persoon gemaak word, stuur asseblief ʼn opgaaf van die betaling aan [email protected].

Alle navrae kan per e-pos aan Willem Scholtz by [email protected] gestuur word.

Inskrywingsvorm


Scroll to Top